Verblyf Tariewe

Kyk gerus na al die verblyf opsies beskikbaar en kontak ons gerus om te bespreek volgens u behoefte.

Pionier & Waterval Chalets

Volwassenes R350-00 p/p per nag
Kinders (7-12jr) R200-00 p/p per nag
Kleuters (6jr en jonger) Gratis
Minimum dagtarief per Chalet R800-00

Fasiliteite

Kombuis toegerus met gasstoof, gasyskas, eetgerei, glase, potte, panne ens. Gas, kerse, beddegoed  word verskaf. ‘n Plaspoel en lapa met braaigeriewe is ook beskikbaar. Sonkrag ligte maar geen kragpunte. Beperkte hoeveelheid vuurmaakhout beskikbaar.

Dagtariewe sluit in:

Akkommodasie en beddegoed. Beperkte hout beskikbaar. 

Dagtariewe sluit uit:

Kos, drank, voertuie, skoonmaakdienste en handdoeke

Pionier Chalet

8 persone (1 Dubbelbed, 2 enkelbeddens, 4 enkelbeddens in lapa)

 

Waterval Chalet

10 persone (1 Dubbelbed, 4 enkelbeddens, 4 enkelbeddens in lapa)

 

Wildebos Tentkamp (Slegs 4×4 voertuie)

Volwassenes R300-00 p/p per nag
Kinders (7-12jr) R180-00 p/p per nag
Kleuters (6jr en jonger) Gratis
Minimum Dag Tarief R500-00

Fasiliteite

  • 1 Luukse tent met eie badkamer (slaap 2 persone)
  • Braailapa en buitekombuis, eetgerei word voorsien
  • 2 storte, 2 spoeltoilette, 2 wasbakke beskikbaar
  • Warm water d.m.v ‘n “donkie”
  • Geen Kragpunte maar wel sonkrag ligte
  • Beperkte hoeveelheid vuurmaakhout beskikbaar

Mgqoma-Kamp

Volwassenes R300-00 p/p per nag
Kinders (7-12jr) R180-00 p/p per nag
Kleuters (6jr en jonger) Gratis
Minimum Dag Tarief R500-00

Fasiliteite

4 Enkelstaande kamers met 1 driekwart bed en 4 enkelbeddens elk (2 bunkerbeddens). Beddegoed word voorsien. Sonkragligte. Geen kragpunte in chalets. Groot kuierlapa met braaigeriewe, onderdak kombuis met gasvrieskas, 6 gasbranders en opwasgeriewe. Potte, panne en eetgerei word voorsien. Eetgerei in elke chalet (vlekvryestaal borde, bekers en glase, asook messe, vurke en lepels). Beperkte hoeveelheid vuurmaakhout beskikbaar. 

Generator vir krag beskikbaar teen R20-00 per/uur

Konferensiesaal beskikbaar

Algemene Inligting en Reëls

  • Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade of besering opgedoen tydens u verblyf nie
  • Vrywaring moet geteken word met afhaal van sleutels
  • Hou op gemerkte voertuig en wandelroetes
  • Moet asb nie rommel strooi nie
  • Laat die Chalet en terrein in die toestand waarin u dit graag wil ontvang
  • Plante, hout of enige toebehore mag nie beskadig of verwyder word nie
  • Meld asb alle foute so gou moontlik aan sodat ons dit kan herstel
  • Geen besoekers word na sononder toegelaat om rond te ry of ‘n skietlig te gebruik nie
  • Geen windgewere, ketties, motorfietse of troeteldiere word in die reservaat toegelaat nie
  • Geen ongemagtigde jag word toegelaat nie
  • Geen maak van vure in ongemagtigde plekke nie
  • Die chalet se glase mag nie tydens ritte in die veld gebruik word nie. Bring asb u eie glase vir die doel saam
  • Geen glasbottels of glase toegelaat by waterval nie
  • Bly asb tussen merke by moddergate 

Kontak Ons

Manda +27 82 807 1054
      Kobus: +27 83 292 2754      Johan: +27 82 680 8204 Yolanda: +27 82 323 5848

 

Koördinate

S26°11,12,2″ / E030°35’28,5″