Holnek
Holnek is binne twee en ‘n halfuur se ry vanaf Gauteng. Die Reservaat is ‘n deel van die ongerepte natuur soos net die Platorand van Mpumalanga dit kan bied.
Verblyf
Pionier & Waterval-chalet
Holnek beskik oor twee A-raam chalets, naamlik die Pionier-chalet en die Waterval-chalet. ‘n unieke atmosfeer word geskep met grasdak lapas, en ‘n plek om ‘n groot kampvuur aan te pak.
Wildebos Tentkamp
3 x 2 man tente (2 bed elk) en 1 luukse tent met eie badkamer, geleë op 4X4 roete.
Mgqoma-kamp
Die Mgqoma-kamp het 4 losstaande kamers met 1X3/4 bed en 4X enkelbeddens en sonkragligte ‘n groot kuierlapa met braaigeriewe.
Aktiwiteite
Holnek Wild- en Natuurreservaat bied ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite aan alle natuurliefhebbers.
Daar is ‘n uitdagende 4X4 roete en verskeie wandelroetes. Met die roete deur die kloof, kan jy jou 4X4 vernuf kom toets.
Visvang
Vir die hengelaar is daar 3 damme met onderskeidelik Swartbaars en Floridabaars.
Voëlkyk
Die reservaat het talle voëlspesies, waarvan meer as 100 gelys is.
Kontak Ons
Manda +27 82 807 1054
Kobus: +27 83 292 2754
Koördinate
S26°11,12,2″ / E030°35’28,5″